Frankfurt Skool

Die Frankfurt Skool (Duits: Frankfurter Schule) is 'n Duitse sosiologiese en filosofiese stroming in die hedendaagse filosofie wat ontstaan het in die eerste helfte van die 20ste eeu en fokus op samelewingkritiek, neomarxisme en kritiese teorie. Die stroming word gevestig deur Theodor Adorno en Herbert Marcuse van die Institut für Sozialforschung te Frankfurt.

Lede van die Frankfurt Skool poog om die positivisme te ontmasker en die demokrasie te verdedig in die na-oorlogse Duitsland. Die term kritiese teorie verwys na die titel van die artikel Traditionelle und kritische Theorie (Tradisionele en kritiese teorie) van Max Horkheimer uit 1937. As die belangrikste werk van die Frankfurt Skool kom dié gesamentlik geskrewe essaybundel Dialektik der Aufklärung (die dialektiek van die verligting) deur Horkheimer en Theodor Adorno uit die jare 1944 tot 1947.

Sedert die 1960s is die Frankfurt Skool se kritiese teorie toenemend beïnvloed deur Jürgen Habermas se werk oor kommunikasie-rede, linguistiese intersubjektiwiteit; dit wat Habermas "die filosofiese diskoers van moderniteit" noem. Kritiese teoretici soos Raymond Geuss en Nikolas Kompridis het hul opposisie teen Habermas uitgespreek. Hulle beweer dat hy die aspirasies vir sosiale verandering wat die oorspronklike doelstellinge aan kritiese teorie se projekte verleen het, ondermyn het. Projekte; soos bv. wat rede behoort te beteken, analise oor die uitbreiding van “omstandighede wat sosiale emansipasie moontlik sou maak", en kritiek van moderne kapitalisme.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search